• TUISBLAD
  • WIE IS ONS
  • BEDIENINGE
  • WORSHIP
  • BYDRAES
  • KONTAK ONS
  • TUISBLAD
  • WIE IS ONS
  • BEDIENINGE
  • WORSHIP
  • BYDRAE
  • KONTAK ONS

Vredelust Gemeente

Wat glo ons?

1. Wie is ons?

Vredelust Gemeente en FamilieKerk Bottelary is ‘n evangeliese kerk gelei deur die Heilige Gees en wat staan op die onveranderlike Woord van God. Hierdie Woord verander ons as individue asook gemeenskappe (vgl 2 Tim 3:16)

2. Denominasie

Alhoewel ons amptelik deel is van ‘n denominasie, neem ons ons eie besluite soos wat ons deur die Bybel en die Heilige Gees gelei word. Jesus Christus is self die hoof van die kerk – Hy het dan ook die laaste sê en geen sinode of pous nie. Ons besit ons eie eiendomme en is volledig outonoom in besluitneming.

3. Geloofsbelydenis

Ons onderskryf die algemene behoudende Skrifverstaan soos deur al die eeue beleef en verwerp menslike sieninge en beginsels wat gebou is op humanistiese en liberalistiese beïnvloeding.

4. Wie is God?

God is Drie-enig: Vader, Seun en Heilige Gees, drie afsonderlike Persone, maar een God. Ons bou verhouding met al drie hierdie Persone omdat elkeen noodsaaklik is vir ons verlossing en welwese.

5. Lidmaatskap

Enige persoon is welkom om by Vredelust Gemeente te aanbid. Om deel van die kerk van Jesus te word, moet hy bely word as jou Verlosser – elke mens word gered deur genade alleen sonder enige verdienste (vgl 2 Kor 10:17).

6. Doop

Ons doop kinders op grond van die Christelike tradisie soos deur eeue-lange gebruik in die Christelike kerk. Ouers wat glo dat die belydenisdoop die regte manier is, soos dit in die Nuwe Testament na vore kom, gebruik egter die toewyding van ‘n baba as manier om kinders onder God se seëning te plaas.

7. Die Huwelik

Die mens is as man en vrou geskep en die Christelike huwelik is deur God ingestel as die manier hoe ‘n liefdesverhouding permanent gemaak word. Selfdegeslag-huwelike word dus nie as Bybels gesien nie, alhoewel die burgerlike reg en gebruik daarvan erken word.

KRY DIE WEEKLIKSE VREDELUST NUUSBRIEF IN JOU INBOX

info@churchadventure.co.za

021 949 0096

© Vredelust Gemeente, all rights reserved.

Crafted lovingly with PageCloud

tool tip square bottom

Daaglikse Inspirasie

Ontvang die Vredelust Oordenking dagstukkie elke dag in jou Inbox of via Whatsapp.

'Subscribe' onder vir e-pos of klik HIER om die dagstukkies op jou foon via Whatsapp te ontvang.

Scan die QR code vir Vredelust Nuus of klik HIER om die Whatsapp groep te join.