Hoe wil jy betrokke raak?
Ek wil Matjoks toe gaan
Verskillende projekte
Ek wil meer weet oor Matjoks
Ek wil bydra
© Vredelust Gemeente, all rights reserved.
Crafted lovingly with PageCloud
Ontvang die Vredelust Oordenking dagstukkie elke dag in jou Inbox of via Whatsapp.
'Subscribe' onder vir e-pos of klik HIER om die dagstukkies op jou foon via Whatsapp te ontvang.
Subscribe
Scan die QR code vir Vredelust Nuus of klik HIER om die Whatsapp groep te join.
Vul asseblief die onderstaande vorm in om aan te dui dat jy wil kom en om verdere inligting te ontvang.
Vredelust se hart was nog altyd daarop gemik om lewens en gemeenskappe te verander. Nou gaan ons dit prakties uitleef in Matjoks. Daar gaan verskeie klein, alledaagse projekte wees waarby almal kan betrokke raak.
Datum: 21 September – 27 September
Jy kan kom en gaan soos dit jou pas. Daar sal 'n groep leiers gedurende die hele tyd daar wees. Ons kamp en bly in die Swellendam Karavaanpark, waar daar beide kampplekke en chalets beskikbaar is. Ons gaan 'n kuier area inrig waar ons as gemeente saam kan terugkyk op die dag, en die beplanning vir die volgende dag doen.
Ons gaan in die Matjoks gemeenskap betrokke wees, maar ons gaan by die Moderne Pitt Laerskool aanmeld, waar ons die saal gaan gebruik as ons basiskamp. Daar sal ook veilige parkering wees. Alle projekte sal vanuit die saal plaasvind. Pastoor Joseph en ander geestelike en gemeenskapsleiers sal ons lei om by die regte mense betrokke te raak, insluitend families en individue wat hulp benodig.
'n Gesonde, voedsame ete vir die hele gesin! Ons benodig bestanddele vir hierdie projek.
Wat word benodig?
Ons gaan stofies en wonderboxes uitdeel aan gesinne wat dit baie nodig het. Ons benodig bokse, katoenmateriaal en polystyreen balle
Hoe om dit te maak?
Ons gaan saam met 100-120 kinders van Bontebok en VRTPitt Skool speel. Ons sal verhoudings bou en die kinders stimuleer deur speletjies te speel. Kos sal uitgedeel word.
Gebed sal gedurende die week beskikbaar wees en aangebied word aan enigiemand wat dit benodig, om almal se hande en voete te versterk.
Ons gaan vertkoek bak en uitdeel in die gemeenskap. Ons gaan ook mense in die Matjoks gemeente kry om betrokke te raak.
'n Onderrig-sessie met kindertjies waar hulle die belangrikheid van bye in die ekosisteem en alles oor bye sal leer.
Wattle-bome moet sistematies uitgeroei word. Die hout en peule kan ook as brandstof vir die stofieprojek gebruik word.
Kliniek vir dwelmverslaafdes deur Dokter Kriek.
Ouma's uit die gemeenskap sal saam met ons brei en kuier. Serpe en musse sal aan bome gehang word vir enigiemand wat dit nodig het.
Die armste van armes wil ons bless met 'n stofie, wonderbox en jar of hope / kos - dit is 'rugged', not for the faint-hearted!
Klein ' DIY' projekkies in die gemeenskap. Bring jou 'gereedskap' en Q20...Ons is opgewonde om te help waar ons kan.
Vredelust Bikers wil graag die gemeente van Matjoks gaan besoek. Meer inligting sal binne kort gegee word.
Nie almal kan fisies na Matjoks gaan nie, maar daar is baie maniere waarop jy kan bydra. Ons waardeer dit baie, want elke bietjie help!
Download: Benodighede vir Matjoks 2024 update 2.pdf