• TUISBLAD
  • WIE IS ONS
  • BEDIENINGE
  • WORSHIP
  • BYDRAES
  • KONTAK ONS
  • TUISBLAD
  • WIE IS ONS
  • BEDIENINGE
  • WORSHIP
  • BYDRAE
  • KONTAK ONS

HUISKERKE

Saam groei ons beter

‘n Huiskerk bied jou ‘n plek waar jy jou lewe kan deel met 'n paar ander mense wat lief is vir Jesus, kan groei in jou geloofslewe, en saam meer kan beteken vir die plaaslike gemeenskap. Dis ook die ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente en nuwe vriende te maak. Groepe kom een keer 'n week saam om te lag, eet, gesels, worship, bid en die Woord te bestudeer met mense in min of meer dieselfde lewensfase as hulself. So word sterk verhoudings gebou wat baie verder gaan as net die weeklikse byeenkoms.

Ek wil graag deel word

Ek wil graag meer weet

Hierdie groep kom weekliks bymekaar en het 'n baie hegte familie gevorm. Enigeen is welkom om by te woon. Kontak ons.

VREDELUST VRIENDE

Woensdae 09:00 - 10:00

UITREIKE

Korttermyn en langtermyn uitreike

Ons visie is om lewens en gemeenskappe te verander. Ons het jaarlikse korttermynuitreike na ander Afrika-dele soos Namibië, asook plaaslike uitreike in dele van die Wes-Kaap wat swaar kry bv. Khayelitsha, Philippi en ander.

Ek wil graag meer weet

Wil jy op Sondae deel raak van SPAN

Daar is soveel volunteer-moontlikhede by Vredelust Gemeente. Word deel van die span en moenie die geleentheid misloop om êrens 'n verskil te maak nie.

Ek wil volunteer

Volunteers

VREDELUST TIENERS

Die lewe gaan oor meer as net skoolwerk! Tieners kom 16:45 - 18:00  op 'n Sondagmiddag in die Vredelust Aktiwiteitsentrum bymekaar en doen groot- en kleingroep-aktiwiteite. Dit geskied onder leiding van 'n span passievolle groepleiers en hulle bespreek dinge wat belangrik is vir tieners, aanbid die Here saam en kuier en "hang" sommer net lekker!

Ek wil graag meer weet

Tienerdiens

JESUSkidz

Sondae: tydens die 09:30 diens

Al die Graad 1-6 maats kom Sondae 09:30 bymekaar om te speel, aanbid, aktiwiteite te doen en op fun maniere van Jesus te leer terwyl ouers die diens vir volwassenes kan bywoon. Daar is ook 'n oppasdiens vir 0-6 jariges tydens die 09:30 byeenkoms.

Registreer

???

Living Network is 'n Christen organisasie wat daarop ingestel is om hoop en sorg te bied aan enigeen in nood. Ons streef daarna om mense te help wat uitgestoot word deur die samelewing deur vir hulle praktiese uitkoms en hulp te bied.

Ek wil graag meer weet

LIVING NETWORK

KRY DIE WEEKLIKSE VREDELUST NUUSBRIEF IN JOU INBOX

info@churchadventure.co.za

021 949 0096

© Vredelust Gemeente, all rights reserved.

Crafted lovingly with PageCloud

tool tip square bottom

Daaglikse Inspirasie

Ontvang die Vredelust Oordenking dagstukkie elke dag in jou Inbox of via Whatsapp.

'Subscribe' onder vir e-pos of klik HIER om die dagstukkies op jou foon via Whatsapp te ontvang.

Scan die QR code vir Vredelust Nuus of klik HIER om die Whatsapp groep te join.