Welkom by

Vredelust Gemeente!

vredelust events

Na die 40 dae veldtog wil ons vir almal in huiskerke en wat nuut wil deel raak van 'n huiskerk nooi na 'n sop, brood & sjerrie aand.

Hou nuusbrief dop vir verdere inligting.

Ons vertrek 06 Julie na Rooiwal op die grens tussen Suid-Afrika en Namibië.

Vir 7 dae wat ons daar is versprei ons die Goeie Nuus van Jesus deur om met laerskoolkinders tyd te spandeer, tieners te help met "tiener-dinge" en in die breër gemeenskap dienswerk te doen.

Vir meer inligting skakel:

Clement Martin : 082 977 8118

Gretha Wiid is geen onbekende nie. Sy kom kuier later vanjaar met twee verskillende onderwerpe. Kaartjies is reeds op Computicket beskikbaar.

Vir inligting en kaartjies vir die HUWELIK-aand klik HIER.

Vir inligting en kaartjies vir die OUERSKAP-aand klik HIER.

ons kan 'n verskil maak

Philippi 2

Die uitreikspan na Philippi het 'n wonderlike en baie produktiewe tyd gehad tydens ons regtrek-poging nommer 2 by ons Malawiese partner kerk in Philippi. Die span het geverf, gate toe gemaak en natuurlik ook tyd gehad om met ons vriende van die kerk te kuier en te fellowship. Hoe mooi wanneer ons sulke eenheid beleef.

Dankie aan almal wat hand opgesteek het en tyd uitgesit het om 'n impak te gaan maak. Die vrug van julle arbeid is iets besonders!

Projek Brooklyn

Vredelust Gemeente in samewerking met Crisis Response Network (CRN) en Rise against Hunger het sowat R 40 000 se kospakkies in Brooklyn gaan aflaai, 'n projek waarby een van ons Huiskerke betrokke is en waar ons in die eerste kwartaal gaan help het met een Woensdagoggend se kospakkies pak.

Die kospakkies wat afgelewer is beraam om 12 000 maaltye te voorsien. Wat 'n groot blessing!

ROOIWAL 2024

Iewers - in die stofstrate van die Noord-Kaap - lê Rooiwal. 'n Klein dorpie op die grens tussen Suid-Afrika en Namibië. Dit is hier waar 16 van ons gemeentelede gaan dienswerk doen het, as ambassadeurs van Christus en verteenwoordigers van Vredelust Gemeente. Dit was 'n wonderlike tyd van uitreik en liefde betoon.

ROOIWAL

06 JULIE - 14 JULIE 2025

Ons vertrek 06 Julie na Rooiwal op die grens tussen Suid-Afrika en Namibië.

Vir 7 dae wat ons daar is versprei ons die Goeie Nuus van Jesus deur om met laerskoolkinders tyd te spandeer, tieners te help met "tiener-dinge" en in die breër gemeenskap dienswerk te doen.

Vir meer inligting skakel:

Clement Martin : 082 977 8118

Anel Martin : 084 268 6433

dienste op sondae

icon-checkmark-circle_1

Oggenddiens

09:30

Die oggenddiens is 'n diens waar almal welkom is. Dit vind plaas in die Ouditorium.

icon-checkmark-circle_1

Tienerdiens

16:45 - 18:00

Vredelust Tieners vind plaas Sondae in Vredelust se Aktiwiteitsentrum. Hulle doen groot- en kleingroep-aktiwiteite onder leiding van 'n span passievolle groepleiers.

icon-checkmark-circle_1

Studente & Jongmense diens

18:00

Die Sondagaand byeenkoms vir Studente en Jong werkendes vind plaas in die Vredelust Foyer.

icon-checkmark-circle_1

JESUSkidz

JESUSkidz vir laerskoolkinders, kleuterkerk vir 4-6 jaar en oppasdiens vir 0-3 jariges vind tydens die 09:30 diens plaas.

icon-checkmark-circle_1

Oggenddiens Webstream

Join ons aanlyn vir 'n volledige diens vanuit die gerief van jou eie huis. Dienste word op Youtube gestream en is ook na die tyd op die Youtube Kanaal beskikbaar. Diens gaan eers live vanaf 09:25 op Sondae.

Oggenddiens webstream

ONS KAN 'N VERSKIL MAAK

MEER OOR VREDELUST UITREIKE

    Tuisblad   |   Kontak Ons

87 13th Avenue, Boston, Bellville, South-Africa

Copyright 2016 by Vredelust Church | Privacy Statement| Terms Of Use