VL wit

AKTIWITEITE

VGwit
VL wit

AKTIWITEITE

Weens die Covid-19 beperkings is alle groepbyeenkomste en ander aktiwiteite opgeskort tot verdere kennisgewing.

Normale aktiwiteite sluit in:

JesusKidz, VLEG(tieners), Studente, Jong Werkendes, Huiskerke, Leefstylprogramme, Bybelskool, MOPS, Gebedsgroep & Events.

 

Saam groei ons beter

Ek wil aansluit

huiskerke

‘n Huiskerk bied jou ‘n plek waar jy jou lewe kan deel met 'n paar ander mense wat lief is vir Jesus, kan groei in jou geloofslewe, en saam meer kan beteken vir die plaaslike gemeenskap. Dis ook die ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente en nuwe vriende te maak.

Groepe kom een keer 'n week saam om te lag, eet, gesels, worship, bid en die Woord te bestudeer met mense in min of meer dieselfde lewensfase as hulself. So word sterk verhoudings gebou wat baie verder gaan as net die weeklikse byeenkoms.

Alternatiewe reëlings tydens Lockdown verskil van groep tot groep en sal deur die groepleier aan jou kommunikeer word.

huiskerke4

JesusKidz

Elke week sal daar op hierdie blad nuwe materiaal verskyn wat klein maatjies kan gebruik om op 'n fun manier meer van Jesus te leer.

VLEG

Die lewe gaan oor meer as net skoolwerk! Lockdown is nie lekker nie, maar dit bied die ideale tyd om ook geestelik te bly ontwikkel en so 'n awesome lewe vir jouself te bou. Materiaal vir tieners word weekliks per WhatsApp na tieners en groepleiers uitgestuur.

Indien jy nog nie die materiaal ontvang nie, kontak vir Sonja Basson.

kinders & tieners

Liedjies

 

Hierdie week

Kom kyk bietjie wat het jy alles nodig in die "Survivor package".

Het jy 'n vraag of wil met iemand gesels?

Ons wil graag van jou hoor! Stuur jou vraag of boodskappie na sonja@churchadventure.co.za

Inleiding

Hi julle! Die week skop ons af met ons nuwe reeks “Innerlike Wêreld”. Die idee van die reeks is om te gesels oor ons eie gedagtes en hoe dit ons kan afbreek of opbou. Ek is baie opgewonde oor die reeks, so ek hoop julle neem iets waardevol uit die volgende paar weke uit. Ons eerste week gaan oor “vergelyk”. “Comparison kills compassion.”

Kyk Video

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dink

Vat ‘n paar minute en dink oor wat jy gesien het. Vra jouself die volgende vrae:

1. Wat is jou gedagtes oor die video?

2. Het jy al so iets gedoen soos die mense in die video?  

 

Lees  

Gereeld vind mense hulself besig om te dink, “as ek net so mooi was soos dai meisie sou ek ook…/as ek net so slim was soos dai persoon…/as ek net so baie self vertroue gehad het soos hy sou ek ook kon…” As ons ongelukkig is met iets oor jouself, kyk ons amper altyd eerste na die mense rondom ons. Ons begin dan dinge probeer doen soos wat hulle doen, of optree soos hulle doen. Ons gee voor dat ons anders is of leef as wat ons werklik doen. Ons verander onsself in ‘n “fake” weergawe van wie ons is. Dit is dieselfde konsep as om ‘n filter te gebruik op ‘n foto om dit mooier te maak lyk.

Daar is vier kategorieë waarin ons vergelykings val (afkorting T.H.E.M):

1. THINGS: Ons vergelyk die fisiese dinge wat ons het teenoor wat ander het(dit gebeur uit ‘n skuldgevoel). “Ek wens ek kon so ‘n goeie foon hê soos daai persoon..” Dit kan dan ook die ander kant om wees: “Ag shame, sy het nog daai ou foon..” Dit kan ook in wrok(resentment) verander: “Ek verdien om gekies te word vir die span, ek is beter as almal van hulle.”

2. Honor: Ons vergelyk ons status, talente en vaardighede teenoor ander. Ons soek iemand anders se sosiale status, of ons prys onsself vir ons eie status. Ons wil hê mense moet dieselfde manier met ons praat soos wat hulle met ander doen.

3. Entourage: Ons vergelyk die mense in ons lewens met die mense in ander se lewens. Hulle familie, vriende. Dalk spog ons oor die verhoudings wat ons het wat beter is as wat hulle het.

4. Make up: Ons wil fisies soos ander mense begin lyk. Lyf, stem, hare, enigiets wat jy vergelyk teenoor ander.

 

Stiltetyd en self-refleksie

Vat ‘n paar minute en spandeer tyd saam God. Sit ‘n liedjie aan en sing saam, praat met Hom, luister, maak nes jy mee gemaklik is. Dink oor die quote “Comparison kills compassion”.

Lees Jakobus 3:15-16. Dit is ‘n rowwe ding om te lees, maar dit is hoe ernstig God die saak sien. Ons is so besig om te wens ons is soos ander, dat ons nie plek het in ons harte om hulle lief te hê nie. Christene lyk gereeld sleg omdat ons mense “judge” en “compare”. Lees Matteus 9:35-36. Ons streef om soos Jesus te wees. Dit is waar ons fokus moet wees, om ander lief te hê soos Hy het.

Vra jouself die volgende vrae:

1. Met wie vergelyk jy jouself?

2. Dink jy dat jy meer fokus op ander mense vergelyk met jouself as wat jy hulle lief het?

3. Watter kategorie vergelyk jy meeste teenoor ander?(things/honor/entourage/make up)

4. Voel jy “compassion” vir die mense rondom jou as jy hulle sien?

Gebed

Gebruik nou die kans en praat met die Here. Wees eerlik oor jou gevoelens. Waarvoor jy dankbaar is, waarmee jy sukkel. Waaroor jy skuldig voel, wat jy voel ‘n “victory” vir jou was die week. Vra die Here om jou te help fokus op ander lief hê, om te sien waarmee hulle sukkel en “compassionate” te wees teenoor hulle.

Prakties

Gaan dink oor die mense in jou lewe, wie anders vergelyk jy jouself mee? Maak die besluit om eerder te dink aan hoe jy hulle kan help of ondersteun. Dit kan iets klein wees soos uit gaan vir ‘n koffie of net ‘n whatsapp stuur om te hoor hoe dit gaan.

Uitdaging Volgende week gesels ons oor stres. Gaan maak ‘n lys van dinge wat jy weet jou laat stres en dink aan maniere wat jy dit kan hanteer. Soek ook bybelverse op oor stres. Haal die papier uit en hou dit by jou as jy volgende week se sessie deurlees.  

Innerlike Wêreld - Week 1  

Vredelust post elke oggend om 09:00 'n splinternuwe akoestiese weergawe van 'n bekende song, gedoen deur lede van die Vredelust musiekbediening, op ons social media platforms.

Gaan LIKE en FOLLOW ons op Facebook en Instagram - [Vredelust Churchadventure] en sien elke dag hierdie songs.  

Acoustic worship

Aanbid saam met ons

Gebedsgroep

At vero eos et accusamus et iusto odio dignissimos ducimus qui blanditiis praesentium voluptatum deleniti atque corrupti quos.

Jong werkendes

At vero eos et accusamus et iusto odio dignissimos ducimus qui blanditiis praesentium voluptatum deleniti atque corrupti quos.

MOPS (Mothers of Preschoolers)

At vero eos et accusamus et iusto odio dignissimos ducimus qui blanditiis praesentium voluptatum deleniti atque corrupti quos.

groepe

Studente

At vero eos et accusamus et iusto odio dignissimos ducimus qui blanditiis praesentium voluptatum deleniti atque corrupti quos.

prayer1

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look.

Travel Lite

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and so much more.

Divorce Care

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and so much more.

Grief & Loss

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and so much more.

leefstylprogramme

leefstyl

programme

Single & Parenting

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and so much more.

Weighdown

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and so much more.

ER4Kids

I’m a text box. Double click me to edit the text or to change the way I look. You can change the font, size, color, and so much more.

vredelust bybelskool

Vredelust Bybelskool is 'n 10-weke Woord-gebasseerde kursus om jou geloof te bou. Dit bied jou ‘n gesonde balans tussen kennis van belangrike temas in die Woord en alledaagse toepassing, wat jou verhouding met Jesus sal stimuleer.

Weens die lockdown beperkings kan jy nou die laaste helfte van die Vredelust Bybelskool lesings aanlyn kry heeltemal gratis!

Kry Bybelskool lesings hier

bybelskool