Vredelust se huiskerke is ‘n ideale manier om vinnig deel te word van die gemeente, nuwe vriende te maak en sterk verhoudings te bou. Dis die hart van Vredelust. ‘n Huiskerk bied jou ‘n plek waar jy jou lewe kan deel met gewone mense wat lief is vir Jesus, kan groei in jou gloofslewe, en saam meer kan beteken vir die plaaslike gemeenskap.

Die geloofsreis is nie ‘n alleen reis nie, jy is gered om deel van God se familie te wees.

HOE WERK DIT?

‘n Huiskerk bestaan uit drie of meer mense. Hulle eet saam, gesels, lag, deel, bestudeer die Woord en bid. So word geestelike vriendskappe gebou. Die meeste huiskerke het een maal ‘n week op ‘n weeksaand ‘n byeenkoms van ongeveer twee ure lank.

Huiskerke verskil in samestelling, lewensfase en werkswyse, maar almal het dieselfde doel – om ‘n gesonde basis vir groei en versorging te skep vir gelowiges en om vanuit die groep nuwe huiskerke te plant.

Saam is ons beter

Ons droom is om sterk geloofsgemeenskappe te bou soos in die vroeë kerk in Handelinge, wat lei tot energieke, lewenskragtige, sterk gelowiges wat ‘n groot impak kan maak op die wêreld rondom hulle.

Clement Martin

Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use

Tuisblad

Kontak Ons