Vredelust Embrace se doelwit is om te verseker dat alle kinders wat in Kaapstad gebore word die beste kans het om optimaal te ontwikkel.  Ons identifiseer en connect ’n ma/volunteer/connector met ’n ma/caregiver van ’n minderbevoorregte gemeenskap program met ‘n 6 maande verbintenis. Lees meer…

‍‍‍Alle kinders verdien gelyke opvoedingsgeleenthede. In die townships gee vaardighede in basiese Engels kinders toegang tot geweldig baie “resources” en lê ‘n goeie fondasie vir die res van hulle skoolloopbaan. Ons is regtig baie o‍‍‍pgewonde oor ons betrokkenheid by Nomsa Primary School in Khayelitsha  waar ons elke Saterdag ekstra klasse in Engels vir leerders  aangebied. Hier is ruim geleenthede vir betrokkenheid.

Ware aanbidding van God en

sosiale geregtigheid

loop altyd hand aan hand in die Bybel.

Die Here het ons geroep om

lewens en gem‍‍‍eenskappe
te verander.

‍‍‍Vredelust hou jaarliks ‘n Community Day waarby ons ‘n groot aantal mense uit die gemeente betrek om op een dag ‘n reuse verskil in ‘n bepaalde gemeenskap te maak. Dit gaan normaalweg gepaard met die “r‍‍‍evamp” van ‘n skool of area dmv verf en opknappingswerk, aanlê van tuine en verfraaiing van die omgewing. Daarmee saam betrek ons ook die gemeenskap by verhoudingsbou aktiwiteite en Kidsgames om die liefde van Jesus ook op persoonlike maniere te demonstreer.

Living network is ‘n instap krisissentrum wat mense help wat is enige vorm van persoonlike nood verkeer. Hulp strek vanaf die mees basiese behoeftes soos kos en komberse tot verwysing na geskikte professionele diensverskaffers (dwelmverslawing, psigiatrie, ens) om die persoon te help om weer op die been te kom. Assessering word gedoen deur ‘n maatskaplike werkster wat hande vat met ‘n wye verskeidenheid rolspelers in die hulp en versorging veld. Navrae: Louise Spies 021 950 4455

Home

Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use

Tuisblad

Kontak Ons