Elke kind verdien ‘n goeie kans

om maksimaal te ontwikkel.

Die eerste 1000 dae in ‘n kind se ontwikkeling is van kardinale belang vir die vestiging van ‘n goeie basis vir volgehoue ontwikkeling in elke lewensfase.

Ongelukkig lei omgewingsfaktore daartoe dat baie kinders in ons nabygeleë gemeenskappe met ‘n groot agterstand begin.

Vredelust Embrace se doelwit is om te verseker dat

alle kinders wat in Kaapstad gebore word

die beste kans het om optimaal te ontwikkel.

Ons identifiseer en connect ’n ma/volunteer/connector met ’n ma/caregiver van ’n minderbevoorregte gemeenskap soos byvoorbeeld Khayelitsha.  

Beide connectors en caregivers kry opleiding in hierdie program met ‘n 6 maande verbintenis.

Ons bemagtig albei partye om saam ’n reis te onderneem om die kind gedurende hierdie kritiese eerste 1000 dae optimaal te help ontwikkel. So help ons hulle ook om vriendskappe te bou en netwerke te identifiseer. Die fokus is op die vier boublokke van ’n kind se lewe, naamlik liefde, stimulasie, veiligheid en voedsel.

Hoekom is dit dat sommige kinders wel floreer, ten spyte van armoede?
Dit is omdat ouers omgee, omdat ander volwassenes in hul lewens omgee en omdat daar ’n verbintenis tussen geleenthede en mylpale in hul lewens is.

As jy effens oorweldig voel deur die vooruitsigte  van die bou van ‘n verhouding met ‘n swanger of nuwe moeder wat jy nie eers ken nie, of indien jy nie weet hoe om te werk te gaan om  ‘n moeder te kry wat so ‘n verhouding sal waardeer nie, wil ons jou graag help om vinnig en maklik aan die gang te kom.

Dis ‘n avontuur om so ‘n verskil te maak!

Copyright 2016 by Vredelust Church|Privacy Statement|Terms Of Use

Tuisblad

Kontak Ons